Onnies 2.0

"Moenie net leer om te tel nie, leer wat tel." - Bob Talbert

As die skoolklok lui - 2 Korintiërs 12:9 R50.00

N GEDEELTE UIT DIE TEKS: "Kry julle ook daai snaakse gevoel wanneer die skoolklok in die middae lui? Jy weet daai gevoel van: “Wanneer ek by die huis kom, gaan ek A, B en C doen… en DEFINITIEF D.” Maar as ons eerlik is…gebeur E...."

Carpe Diem - Psalm 118:24 R50.00

'N GEDEELTE UIT DIE TEKS: "Is ek die enigste een wat emosioneel raak as iemand die woord “vakansie” sê? Ek sien uit na daai tipe vakansie waar jy koffie in die bed drink, pajamas dra tot 11 uur en sonder enige skuldgevoelens voor die TV aan die slaap raak. Want nee kyk… hierdie kwartaal se lysies het nou al begin om hulle eie persoonlikhede te ontwikkel. Elke dag begin ek met ’n kleurgekodeerde dagbeplanning, ’n positiewe gesindheid en die volle vertroue dat ek vandag alles gaan afhandel....."

Dit is in ons bloed - Galasiërs 6:9 R50.00

'N GEDEELTE UIT DIE TEKS: "Daar is vir my min dinge so besonders soos om 'n onderwyser te wees. Ek dink dit is in ons bloed. Daar is sekere dinge waarmee mense in die onderwys net eenvoudig beter is as die res van die wêreld. Ons kan opstaan ná drie ure se slaap en steeds funksioneer. Ons kan met een oog oop koffie drink, met die ander oog huiswerk merk en terselfdertyd vir 'n kind verduidelik hoekom die vraag wat hulle probeer vra altyd welkom is...."

Ek is die Koning en Koningin van my eie finansies. R70.00

As onderwysers en ouers wil ons graag ons kinders voorberei vir die toekoms. Ons leer hulle om te lees, te skryf en reg van verkeerd te onderskei, maar een van die belangrikste lewenslesse het ons deur die jare vergeet. In hierdie boek fokus ons op die finansiële fondasie met Christelike boustene as basis. Koning & Koningin van Jou Finansies help kinders om van jongs af te leer hoe om geld te bestuur, die groot verantwoordelikheid van finansies en ook hoe om'n dieper vertroue in God te ontwikkel as dit by ons geldsake kom. Deur Bybelwaarhede, praktiese aktiwiteite, refleksies en gebede word kinders gehelp om 'n gesonde verhouding met geld te ontwikkel en te leer dat ware rykdom nie in besittings lê nie, maar in 'n hart wat God eerste stel. Ons gebed is dat hierdie werkboek nie net finansiële beginsels sal leer nie, maar ook geloof, karakter en Koninkrykswaardes in jong harte sal vestig — waardes wat hulle vir die res van hul lewens sal dra. Want die belangrikste erfenis wat ons vir ons kinders kan nalaat, is nie wat ons vir hulle los nie, maar wat ons in hulle plant. 👑💛