Ek is die Koning en Koningin van my eie finansies.
© 2026 Onnies. All rights reserved.R70.00
Buy & Read Now
About This Document
As onderwysers en ouers wil ons graag ons kinders voorberei vir die toekoms. Ons leer hulle om te lees, te skryf en reg van verkeerd te onderskei, maar een van die belangrikste lewenslesse het ons deur die jare vergeet. In hierdie boek fokus ons op die finansiële fondasie met Christelike boustene as basis.
Koning & Koningin van Jou Finansies help kinders om van jongs af te leer hoe om geld te bestuur, die groot verantwoordelikheid van finansies en ook hoe om'n dieper vertroue in God te ontwikkel as dit by ons geldsake kom.
Deur Bybelwaarhede, praktiese aktiwiteite, refleksies en gebede word kinders gehelp om 'n gesonde verhouding met geld te ontwikkel en te leer dat ware rykdom nie in besittings lê nie, maar in 'n hart wat God eerste stel.
Ons gebed is dat hierdie werkboek nie net finansiële beginsels sal leer nie, maar ook geloof, karakter en Koninkrykswaardes in jong harte sal vestig — waardes wat hulle vir die res van hul lewens sal dra.
Want die belangrikste erfenis wat ons vir ons kinders kan nalaat, is nie wat ons vir hulle los nie, maar wat ons in hulle plant. 👑💛
After purchase you will receive a secure link via email. You may read the document online for
3 days.
The document cannot be downloaded or printed.